Skip to content

Mincing in die Klein Karoo

Spock during Mince show at Jamstreet Theatre, Moooi, KKNK Oudtshoorn
Spock maak sy opwagting in - dun dun dun - die Klein Karoo!

Vir ‘n oomblik dag ek my koorsdrome hardloop met my weg…
Deur die waas van vitamien-B inspuitings en laataand eggo’s in die koshuisgange doem sy gesig voor my op: Spock. In die Klein Karoo. Beam me up, Scotty, want ek het nou amptelik kop verloor.
But wait, there’s more! Twee bittermooi mans wat soos vroue opdress wat van mans hou maar eintlik van vrouens hou… En wat albei blykbaar vir Spock stukkend smaak, soos wat hulle om sy gesig pruil en flirt. Dis seker sy ore. Of dalk die intense blik in sy oe…
Ek weet nie veel nie, maar soos Oprah weet ek een ding verseker: daar’s baie grimering op daai gesigte. Baie hare in daai pruike (is dit real?). Baie pienk, baie volstruisvere, baie glitter… Baie blose van die tannie in die voorste ry, wie se handsak-inhoud nou summier op stage ondersoek word. “You’re due for an upgrade, sweetie!”

Still life at Mince show, Jamstreet Theatre, Moooi, Oudtshoorn
Stillewe in pienk!

Lilli Slaptsilli en Keiron Legacy is twee baie sexy vroue. Scary, maar sexy. Daai bene… Lucky legs eleven sowaar! Ek kan sien hoe die mans in die voorste ry kriewel: hoe dan nou hierdie skielike begeerte wat soos hartkloppings uitslaan? Want dis dan twee mans daai… Twee wonderlike, aaklige, verskriklike mans-as-vroue. Oftewel fopdossers. Dis ‘n lekker woord…
Ek wandel later uit die Jamstreet-teater se impromptu volstruisveer-bordello.
Dis nag in die Klein Karoo tydens die KKNK, maar die reen bly weg. Gelukkig beteken dit dat daar baie sterre in die lug rondhang. Hulle maak wel sulke silwer strepies in my sig. Seker die moegheid.

Lilli Slaptsilli on stage during a Mince show, KKNK Oudtshoorn
Lilli Slaptsilli channeling Heidi…

Die spiertjies langs my ore trek styf van al die lag, more-oggend gaan ek sukkel om te praat. Daar’s vuur in die konkas rondom my, die reuk van Alpacas op die wind. Dis Moooi, soos die naam dit duidelik uitspel.
Ek’s in die Klein Karoo, en Johannesburg se toeters en rook is vervang deur musiek en fairy dust. Ek kan nie aan ‘n beter plek op aarde dink om in hierdie oomblik te wees nie.
En al sit ek vir die res van die fees in Krit se kantore en woorde uitryg, ten minste weet ek ook dit: I’ll always have Moooi…

*  Written for Krit, the official festival newspaper of the KKNK, 3 April 2010

Share this post: Share this post with the world.
  • Facebook
  • StumbleUpon
  • Google
  • laaik.it
  • Twitter
  • Reddit
  • LinkedIn
  • Digg
Published inPersonal ramblingsPop Culture

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *