Skip to content

Die lafenis van trane

Rikku Latti performing during the 2010 KKNK in Oudtshoorn
Riku Latti in die Neelsie aan't sing.

As jy my sien huil in die voorste gestoeltes (of die derdes, as it may be), moenie my vra of ek okay is nie.
Ek is, ek belowe.
Maar as jy my gaan vra, gaan ek beheer verloor oor my styfgespanne kaakspiere, my onderlip gaan begin bewe en die traantjies wat so oor my wange biggel, gaan verander in Niagra Falls. Dit kan ek jou waarborg.
Sit ek toe en wonder of my traankliere verhuis het tot binne-in my hart tydens Laurinda Hofmeyr en Riku Latti se laaste vertoning van Met jou hier op die maan by die Neelsie teater op Oudtshoorn.
Want dis allesbehalwe hartseer of traumaties, maar ek huil al sedert die eerste akkoorde deur die lug klank. Het lankal ook nie meer tissues nie… Snuif maar hard elke keer as die gehoor hande klap om dit uit te sort.
En so snotteer ek voort totda Riku se temaliedjie vir die komende fliek Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom my kaakspiere laat uitspring.
Die musiek is net vir my sy mooi. Ek kry nie hoendervleis nie, ek raak betraand. Dis embarrassing.
Ek huil al heelweek. Vir een sinnetjie in Nico Luwes se resensie van Dood van ‘n verkoopsman: “Daai oom wat voor my gesit het met die groen blokkieshemp vat sy vrou met die pers top so halfpad deur die stuk om die skouer en trek haar nader. Teen die einde van die stuk hoor ek hom so half skorrerig in sy vrou se oor se: ‘Ai, Jirre, Mamma… Ons moet goed wees vir mekaar…”
Sien, daar huil ek alweer. Dinsdae by Morrie het my ook gevang. En die pragtige foto van Mathys Roets gesilhouetteer teen ‘n venster. En toe ek vir die eerste keer daai laventelsjokolade van Rococo proe, toe skiet my oge ook vol trane. En Bob Marley se Redemption Song een aand op die rekenaarspeaker. En natuurlik ‘n kollega se papegaaigrappies – maar daai was huil want jy kon letterlik nie meer lag nie.
Miskien is ek net oormoeg. Dis nie speletjies om ‘n feeskoerant elke dag aan mekaar te sit nie.
Of dalk is dit net die skielike oorvloed van Afrikaanse kultuur en passie wat my omring. Ons Johannesburgertjies is mos maar nie altyd in touch met wat aan die gebeur is in die kunste nie – te besig om die spitsverkeer en taxi’s te probeer oorleef.
En nou’s die laaste Krit ook op straat: en ‘n span vreemdelinge-nou-vriende spat weer uitmekaar na die uithoeke om hulle alledaagse dinge op te tel en daarmee aan te gaan. Dis maar ‘n bietjie surreal. En sad.
Ek gaan huis toe, en ek’s moer happy, want homesick wees is nie pret nie. Maar ek los ‘n stukkie van my hart sommer net hier.
Right.
Ek huil alweer.
Bring tissues na die Krit-kantoor, Suid-Kaap-kollege, Adderleystraat…

*  Written for Krit, official KKNK festival newspaper, April 2010.

Share this post: Share this post with the world.
  • Facebook
  • StumbleUpon
  • Google
  • laaik.it
  • Twitter
  • Reddit
  • LinkedIn
  • Digg
Published inPersonal ramblingsPop Culture

One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *